Malaria neem toe in Afrika

Due gevreesde malaria is aan die toeneem in die grootste deel van die Afrika kontinent, en word toegeskryf aan die meer as 2,000 groot opgaardamme wat in aanbou, of reeds voltooi is.

’n Groot aantal damme is in malaria gebiede gebou om die nypende watertekort gedurende droë seisoene teen te werk, maar dit lei tot nuwe broeiplekke vir malaria muskiete, aldus die wetenskaplikes.

Die 2,000 damme wat in die Sun-Sahara gebied opgerig word, word egter op verskeie plekke gekortwiek waar die terroriste beweging, Boko Haram, die bouwerk saboteer en werkers te enige tyd aanval.

Die geweldige droogte toestande wat dur die El Niño verskynsel veroorsaak is, het Afrika regerings gedwing om werk te skep vir derduisende hongeriges, en dit so te doen dat dit ’n langtermyn belegging is, en die oprigting van opgaardamme het groot byval gevind.

Kenners wys egter daarop die owerhede nie bereid is om spuitstof aan te koop wat op die oppervlakte van die water gespuit word en daarmee meer as 90% van die broeiplekke van muskiete vernietig nie.

Dit word beraam dat die damme, na voltooiing en goeie reën ontvang is, die malaria epidemie met meer as 60% in gevalle kan toeneem.

Ethiopië het verskeie groot damme gebou, en die malaria sterftes het drasties toegeneem in die land, en in die DRK word dieselfde tendens ervaar nadat twee groot damme gebou is.

Meer as 90% van alle malaria sterftes kom voor in Afrika, en die toename wat verwag word, kan lei tot katastrofiese gevolge.

Deskundiges reken die regerings in Afrika moet behoorlik ingelig kom oor die gevare, en beter water bestuur moet in die lande van toepassing gemaak word om te voorkom dat malaria onbeheerbaar word.