Koors laat duisende sterf in Afrika

Z 5(1)Een van die gevaarlikste virusse wat die mensdom bedreig in Afrika, kan deurspoel na ander kontinente en ’n wêreldepidemie veroorsaak.

Dit is die mening van dokters en wetenskaplikes nadat dit bekend geword het dat ’n ernstige uitbreek van geelkoors in talle Afrikastate heers.

Geelkoors, wat deur ’n muskiet oorgedra kan word, het onder meer simptome soos bloeding uit die neus, ore, mond en oë, maar ook deur menslike uitskeidings

Die kontinent word bedreig deur een van die swaarste uitbraak van geelkoors sedert 1980 toe honderde mense omgekom het.

Die geelkoors het reeds oorgewaai na Sjina en die kanse dat dit na Europa kan versprei, is nie uitgesluit nie.

Talle lande in Afrika het in gebreke gebly om ’n vaste program van inenting te volg op jonger mense, terwyl groot gebiede in die Midde Ooste en Sjina oor geen entstof beskik nie.

Die eerste geval is in Angola aangemeld, en enkele dae later is twee gevalle in die noordelike buurstaat bekend gemaak, maar die grootste probleem het blykbaar in die Dominikaanse Republiek van die Kongo ontstaan waar geen beheermaatreëls ingestel is nie, en die toestand soos ’n veldbrand versprei het.

Gerugte doen die rondte dat duisende mense in die noordelike Afrika state besmet is en dat die lande nie voldoende maatreëls in plek het om kinders te beskerm deur entstof te bekom nie.

Verskeie lande soos Uganda en Kenia het reeds gevalle geregistreer, en organisasies soos Save the Children sê dat tussen sewe en tien miljoen dosisse entstof word benodig om ’n krisis af te weer.

Intussen maak sekere gebiede van primitiewe metodes gebruik om muskiete te verjaag en te dood deur nat hout takke brandende te hou.