Koalisie onderhandelings vorder traag

Die Rooi Party van Malema se woordvoerder, ene Mbuyiseni Ndlozi, sê die party hou ’n stewige greep aan hul verkiesingsbelofte om nie met die ANC saam te werk in ’n koalisieregering op plaaslike vlak nie.

Hy sê die kiesers het die ANC verwerp, en nou moet hulle op “die harde manier leer” wat die EFF is permanent hier.

Politieke ontleders sê dit is opballend dat Julius Malema weggehou word van die media deur sy partygenote, om in die volgende week gefokus te bly op onderhandelinge.

Mbuyiseni Ndlozi sê die ANC se nederlaag is veroorsaak met die tussenkoms van die EFF, want dit wat die regerende party verloor het, is nou by die Rooi Party.

Malema het vroeër gesê hy sal met die ANC onderhandel oor koalisie, op voorwaarde dat die regerende party eers ontslae raak van Jacob Zuma as president van die land.

Ndlozi het gesê die EFF kan nie met die ANC onderhandel, en daarmee die ANC weer terugplaas in ’n magsposisie nie, want die kiesers het hulle reeds die mag ontneem, en die EFF wil die kiesers se wens eerbiedig.

Foto – Mbuyiseni Ndlozi