Koalisie onderhandelings kan morsig word

Die leier van die “United Democratic Movement”, Bantu Holomisa, het gister in ’n mediaverklaring gesê die koalisie onderhandelings kan in die twee weke uiters morsig word tussen die groter partye.

Die geskarrel om beheer te kry oor die drie groot metro-gebiede, Port Elisabeth, Pretoria en Johannesburg, is sodanig dat die Rooi-party van Malema dinge baie moeilik maak vir die vêr-linkse DA en die kommunistiese ANC.

Holomisa sê dit gaan nie maklik wees om ooreenkomste te bereik nie, veral omdat die partye gaan sukkel om met die EFF saam te werk.

Die UDM van Holomisa is reeds deur beide die groot partye genader, en hy het sy eerste vergadering oor koalisie reeds gehad.

Hy sê koalisie ooreenkomste is nie vreemd vir die UDM nie, want sy party het die linkse DA bygestaan in die Wes-Kaap.

Politieke waarnemers wys daarop dat die twee groot partye heelwaarskynlik belangrike toegewings sal moet maak om die Malema party se samewerking te kry.

Malema het aanvanklik gesê dat hy geen samewerking met die ANC voorsien nie, en later geëis dat Zuma eers as president uitgeskop moet word voor hy met die ANC sal praat.

Die EFF het die hef in die hand in minstens 27 munisipalteite, en kan met sterk eise ’n uitstekende posisie kry as hy sy kaarte reg speel, maar die gevaar is ook dat hy in een munisipale raad ’n ander standpunt sal moet huldig as in die volgende raad.

Dit kan ’n onhoudbare situasie word, sê politieke ontleders.

Foto – Bantu Holomisa