Hommeltuig dood terroristeleier

TerroristeleierDie leier van Islamitiese Staat terroriste in die Afghaanse en Pakistanse afdeling, Hafiz Saeed Khan, is volgens gerugte gedood deur ’n hommeltuig van die Amerikaanse weermag.

Die inligting is bekend gemaak deur die Afghaanse ambassadeur, Omar Zakhilwal, maar die Amerikaners kon die voorval nie bevestig nie, en ondersoek word ingestel.

Die ambassadeur sê die leier is gedood deur die Amerikaanse hommeltuig aanval wat uitgevoer is, en beweer die aanval was in die Afghaanse provinsie Nangharhar.

Hy sê die leier en verskeie ander leiersfigure van die IS terreurgroep het in die aanval omgekom.

’n Woordvoerder van die Pentagon kon egter nie bevestig dat die inligting korrek is nie, maar ’n anonieme persoon het glo die gerug aan Reuters oorgedra.