Geskorste pres. Rousseff speel vir tyd

1

.

 

2

Z 6(2)Brasilië se geskorste president, Dilma Rousseff, probeer haar bes om nie permanent geskors te word nie, en sê sy is onskuldig daaraan dat sy betrokke was in ’n korrupsieskandaal.

Sy het ’n laaste poging aangewend om finale afsetting as president van die land te verhoed, maar kenners meen dat sy nie daarin sal slaag nie weens die beskikbare feite wat aan die Senaat voorgehou is.

Rousseff se verhoor is teruggehou weens die aanvang van die Olimpiese Spele in Rio De Janeiro.

Die Senaat van Brasilië sal op 25 Augustus ’n finale stemming hou, en die verwagting is dat sy dan finaal afgesit word as president.

’n Voorstel dat die land ’n stemming hou oor haar toekoms het wye reaksie ontlok, en leiers van haar eie Werkers Party het die gedagte verwerp.

Selfs die lojaliste van ’n voormalige linkse president, Luiz Inacio Lula da Silva, het die voorstel verwerp uit vrees dat nog inligting van korrupsie bekend gemaak word.

Vroeër vanjaar het duisende mense die strate ingevaar uit protes teen Dilma Rousseff se bewind.