Eskom werkers staak

Die “National Union of Mineworkers” (NUM) het sy streekverteenwoordigers versoek om ’n volledige plan op te stel vir ’n staking by Eskom.

Die vakbond is egter in ’n moeilike situasie aangesien so ’n staking onwettig sal wees wat werkers hulle poste kan kos.

Eskom werkers mag nie staak nie aangesien die diens van die kragvoorsiener beskou word as ’n noodsaaklike.

Die staking van enkele lede het tot dusvêr geen uitwerking op Eskom se produksie getoon nie, en die afwesiges is verplig om daagliks by hulle hoofde aan te meld om te verseker dat hulle nie hulle werk verloor nie.

Sedert Maandag het sowat 20 van die NUM lede by Eskom besluit om te staak, wat sowat 15% van die totale aantal NUM lede is.

Intussen het Eskom aangekondig dat die swart werkers vandag begin met ’n volskaalse staking weens ’n loongeskil met die kragvoorsiener.

Die 15,000 werkers eis ’n verhoging van 10% terwyl Eskom glo 7% aanbied.