Eskom-hoof verdedig uitgediende koste-projeksies

Eskom-broken-2Eskom se uitvoerende hoof,  Brian Molefe, meen dat drie-jaar oue kosteberamings steeds geldig is.

Verder blameer hy hernieubare energiekoste, wat volgens hom “onbuigsaam” is, vir die swak vergelyking met Eskom se leweringskoste.

Hy meen verder dat geprojekteerde energiekoste, soos herbereken deur EE Publishers se Chris Yelland, misleidend is.

Soos verwag, het hy ook die koste-voordeel van kernkrag opsies voorkeur gegee.

Intussen het Yelland gereageer en verduidelik dat Eskom se aannames aangepas is met 2016-syfers en die nou bekende oorbesteding op onder andere Medupi en Kusile.

Yelland het ook bevestig dat dieselfde grondslag as 2013-syfers van die Departement van Energie, aangepas is vir nuutste tariewe en werklikhede.

“Enige bestuurder en ontleder wat sy sout werd is weet dat koste-projeksies deurlopend verander,” is die mening van ‘n

Só reageer een ontleder met wie Die Vryburger gesels het.

Vir Molefe om dus voet by stuk te hou by drie tot vier jaar oue syfers, spreek boekdele, veral in lig daarvan dat hy nie die grondslae en aannames vir sy standpunt wou openbaar nie.

Dié openbare meningsverskil volg op NERSA se ingryping oor stygende koste by Eskom, wat jaarliks meer en meer van die publiek probeer afpers.

Dit word as vreemd beskou dat Molefe nie insien dat buitensporige bestuursvergoeding kan bydra tot steeds stygende koste nie.