Ekonome betreur verkiesings uitslae

Ekonome beskou die 2016 plaaslike verkiesing se uitslae as sleg in die sin dat die land ‘n ekonomiese ’n radikale omkeer nodig het,  veral met die Reserwe Bank se vooruitskouing van ‘n 0% groei in 2016, en ’n 1,5% in 2017 met slegs 1,75%  in 2018. 

Die ekonome is van mening dat die ANC ‘n nuwe plan op die tafel moes plaas om die land se ekonomie ‘n hupstoot te gee, maar daarin gefaal het.

Die grootste krisis wat die land tans in die gesig staar is die meer as 717 staats-beheerde entiteite wat nie finansieel oorleef nie en gedurig ‘n geldelike reddingsboei ontvang van die regering.

Die lugvaart redery, SAL is in ‘n diep finansiële krisis en meer as R14 biljoen is reeds as finansiële waarborge gegee om die sinkende skip regop te hou.

‘n Verdere probleem is die regering se onvermoë om private ondernemings betyds te betaal vir dienste gelewer, en dit plaas groot druk op besighede se kontantvloei. 

“Die Vryburger” het reeds vroeer berig van medici, veral in die Vrystaat, wat maande moet wag voor die betrokke departemente hul rekeninge betaal.  Faksie gevegte in die ANC gaan toeneem tot die aanloop van die 2019 verkiesing en weinig aandag gaan gegee word aan die fiskale toestand van die land.