Duitse kankerkliniek onder verdenking

Z 2(4)Talle pasiënte wat tot nou behandel is in ’n kankerkliniek, en te sterwe gekom het, is deur naasbestaandes aanvaar dat die dood ingetree het as gevolg van die siektetoestand.

Die Duitse natuurgeneser Klaus Ross se kliniek is geleë in ’n klein dorpie waar menige pasiënte behandeling ontvang teen kanker.

Volgens die Duitse uitsaaier WDR ondersoek die polisie die voorvalle van sowat 70 pasiënte wat gesterf het terwyl hulle onder behandeling was.

Die polisie sê hulle ondersoek die gevalle wat aangedui word as kanker verwante toestande wat die sterftes veroorsaak het, maar kyk ook na die moontlikheid dat die mense weens ander oorsake gesterf het.

Die polisie vermoed ook dat die behandeling wat toegedien word, moontlik die rede is vir die baie sterfgevalle.

Die Ross kankerkliniek in die dorp Bracht bied kankerbehandeling wat tot 10,000 euro per behandeling kos, en daar bestaan glo nie voldoende bewyse dat die behandeling wel ’n genesende uitwerking het nie.

Die Departement Justisie verdink die alternatiewe metodes van behandeling en het ondersoek gelas na die dood van verskeie pasiënte, en is ontevrede oor die swaar mishandeling wat in drie gevalle ondervind is.

Die kliniek behandel veral Duitsers, Belge en Nederlanders, maar die onbeantwoorde vraag is hoe dit moontlik is dat so baie mense dood is, en hoe moet die voorvalle geïnterpreteer word?

Foto – Die Kliniek