Die groot oos-wes-stryd

IMG_4985Die jaarlikse rugbystryd tussen Kleinfontein en Orania, het al sedert 2012 ‘n instelling geword. Dié kragmeting tussen die twee Afrikanergroeipunte vind beurtelings plaas op Kleinfontein en Orania.

Op Saterdag  3 September sal die Volksdorp Kleinfontein, oos van Pretoria, weer die gasheer wees vir die stryd vir die legendariese Volkstaadsbeker. Die stryd is tussen die Orania Rebelle en die Kleinfontein Krygers.

Hierdie stryd het sy ontstaan gehad in 2012 en verlede jaar het die Orania Rebelle die trofee huis toe geneem. Vanaf 2013 word daar ook netbal gespeel en die Kleinfontein Kiewiete en die Orania Ratels pak mekaar weer hierdie jaar.

Die netbal begin om 14:30 en die rugby om 16:00 te Kleinfontein.

Na afloop van die wedstryde sal daar ‘n bring en braai by die winkelsentrum wees met vermaak wat verskaf sal word deur die Kleinfontein Boereorkes.

Foto: ‘n vorige kragmeting tussen die Orania Rebelle en Kleinfontein Krygers op Kleinfontein.