Caster Semenya die rede vir Rio- onrus

Die bewering is gemaak op die sosiale netwerk van ’n half vrou, half man-atleet van Suid-Afrika,  wat dan ook die belangrikste onderwerp onder bespreking tussen die atlete is by die Olimpiese Spele in Rio De Janeiro.

Caster Semenya (25) sorg vir onrus in vrouesport vanweë die talle vrae oor die atleet se deelnameSemenya teen gewone vroue, en het die afgelope week, volgens die dagblad “Fe Morgen” die onderwerp van bespreking gebly.

Die vrae wat onbeantwoord bly, is eerstens hoeveel vrou moet ’n vrou wees, en tweedens hoeveel man mag ’n vrou wees, en derdens word gevra hoe weeg jy die regte van die individu op teen die regte van ’n honderd ander mense.

Volgens die koerant is Caster Semenya die onderwerp van die Olimpiese atletiek week wat alle ander oorheers.

Almal ken die verhaal, en niemand wil seksisties wees nie, maar die stille hoop bestaan dat Semenya die sosiale media onder oog kry waar “she” met “he” vervang word, berig die koerant.

Nog erger: Van die deelnemers op die sosiale media verwys na Caster as ’n tweeslagtige persoon.

Dit is glo nodig dat Caster Semenya se geval by ’n kruispad gekom het in die mediese en sportwetenskap, waar rassisme en seksisme nie toegepas word nie, maar suiwer wetenskaplike beginsels

Die koerant meen dat ’n wetenskaplike bevinding ook nie in aanmerking sal neem dat Caster se velkleur donker is en ’n Suid-Afrikaanse paspoort dra nie.