Bedrog, omkopery en korrupsie

Krieket Suid Afrika het vier swart spelers geskors wat die Teen-korrupsie Kode vir Spelers verbreek het. 

Die vier spelers is Jean Symes, Ethy Mbhalati, Pumelel Matshikiwe en Thami Tsolekile. 

Die skorsing volg nadat Gulam Bodi vroeër die jaar ‘n 20 jaar skorsing opgelê is en nou is Symes is vir 7 jaar geskors.

Matshukiwe en Mbhalathi is albei vir 10 jaar geskors en Tsolekile vir 12 jaar.  Intussen het Lance Klusener sy saak verloor teen die Dolfyne nadat sy kontrak  as hoof-afrigter nie hernu is nie. Die Arbitrasie-hof het ten gunste van die provinsie beslis.

Talle sportgeesdriftiges sê die dae van goeie sportbyeenkomste is verby, en toeskouers sal voortaan altyd wonder of daar bedrog by ’n wegstryd betrokke is.