Banke met meer as R 30 miljoen beboet

Die SA Reserwe Bank het vyf banke naamlik. GBS Mutual Bank, Habib Overseas Bank, Investec Bank, Die South African Bank Of Athens en die Johannesburg tak van Standard Chartered Bank beboet weens onvoldoende beheer oor geld wassery en die finansiering van terrorisme. 

Daar is administratiewe sanksies ingestel teen die banke met die opdrag om remediërende maatreëls in te stel.  

GBS Bank is met  R500, 000 beboet, Habib Overseas Limted het ‘n boete van R1 miljoen ontvang,  Investec het ‘n stywe R3 miljoen boete gekry  en Standard Chartered Johannesburg tak met ‘n reuse R10 miljoen boete.

Werkmetodes, opleiding van personeel en aanmelding van transaksie bo R24,999.99  was van die belangrikste probleem areas.