Warm hoender- en lensieslaai

Lus vir ‘n warm hoender- en lensieslaai? Hier volg vir u ‘n heerlike en baie maklike resep. Dis so min moeite en kan binne 30 minute reg wees vir ete.

 

Bestanddele:

 

30 ml olyfolie

1 medium rooi ui fyngekap

200 g gerookte gaar hoender, in growwe stukkies gesny

200 g rooi babatamaties

 

Slaaisous bestanddele:

2 knoffelhuisies gekneus

5 ml fyn komyn

10 ml Balsamiek asyn

20 ml olyfolie

1 blik lensies in tamatie puree en soutwater, dreineer effens

1 wiel ronde swartpeper fetakaas in blokkies gesny of gekrummel

 

Metode:

Braai die ui en gekerfde hoenderstukkies in die 30 ml olie totdat die ui gaar is.

Meng die slaaisous se bestanddele en gooi dit saam met die tamaties by die gaar hoender en ui en kook vinnig deur. (Skud die pan om die bestanddele los van mekaar te hou).

Roer die lensies deur en strooi fetakaaas oor en hou dit in die pan warm.

Bedien dit dadelik.

 

Wenk: Moenie sout en peper gebruik nie, aangesien al die bestanddele genoeg sout bevat vir smaak.

 

Geniet saam met ‘n vars broodrolletjie of geroosterde skywe Franse brood.