VSA vermoor talle burgerlikes

’n Verslag wat Vrydag vrygestel is, werp nuwe lig op die Obama-regering se optrede, en word deur gesaghebbendes beskou as ’n hoogs kontroversiële program wat deur die weermag uitgevoer is.

Volgens die verslag word die Amerikaanse weermag daarvan beskuldig dat hulle verantwoordelik is vir die dood van minstens 100 burgerlikes in die Midde-Ooste en in Asië deur van onbemande vegvliegtuie gebruik te maak.

Die bewering word gemaak dat die VSA tot soveel as 116 burgerlikes se dood veroorsaak het gedurende Barack Obama se eerste termyn.

Die direkteur van Nasionale Intelligensie beweer dat die VSA 473 aanvalle uitgevoer is met onbemande vegvliegtuie, waartydens sowat 2,581 vegters omgekom het.

Die gegewens word as van uiterste belang beskou in die lig van die Amerikaners se beskuldiging dat die Russe sowat 28 burgerlikes gedurende dieselfde tyd gedood het in lugaanvalle wat uitgevoer is.

Die verslag dui nie die ongevalle van burgerlikes aan wat deur Amerikaanse bemande vegvliegtuie uitgevoer is nie.

’n Verslag wat vroeër die lig gesien het, beweer dat die Amerikaners tot soveel as 900 burgerlikes, waaronder baie kinders is, gedood het in lugaanvalle.