VSA rasse-oorlog duur voort

In die Amerikaanse stad, Baton Rouge, het die skietery op blanke polisie hervat en is minstens drie gedood en ’n vierde een is in ’n uiters kritieke toestand  in ’n hospitaal.

Na wat berig word is ’n hele aantal polisiebeamptes gewond deur drie swart skieters wat op die beamptes losgebrand het.

Die polisie kon daarin slaag om een van die moordenaars dood te skiet, maar twee het op die vlug geslaan en word deur die polisie gesoek.

Die hoofkommissaris van die polisie, kol. Mike Edmonson, het in ’n verklaring gesê dat ’n reuse soektog aan die gang is om die twee skieters op te spoor, maar bygevoeg dat meer verdagtes in die stad skuil wat ondersoek sal word.

Een van die oorlewende slagoffers is in lewensgevaar, ’n tweede is redelik gestabiliseer en verskeie ander is buite gevaar.

Amerika beleef ’n rasgedrewe moorddadige tydperk nadat die polisie ’n vlugtende swart misdadiger vroeër doodgeskiet het, waarna verskeie voorvalle plaasgevind het van swartes wat uit weerwraak talle polisiebeamptes geskiet het.