Vrou by Kaylami doodgeskiet

Die fiksheidsmodel, Susanne Keil, is Sondagaand na bewering deur huisrowers doodgeskiet terwyl sy en ‘n vriend televisie by haar huis in Kyalami gekyk het.

Volgens ‘n familievriend het sy begin skreeu toe sy die rowers sien en hulle het haar geskiet.

Nagenoeg vier tot vyf mans het ‘n skuifdeur gebreek en toegang tot die huis gekry.

Keil se vriend het na die boonste verdieping gehardloop, en die rowers het hom agterna gesit en hom vasgebind.

Die rowers het iPads en juweliersware geroof.