Vriendelike Skotse ontvangs vir premier May

Die Britse eerste minister, Theresa May, het haar eerste besoek aan Skotland gebring om die huidige situasie na afloop van die referendum met die Skotse regering te bespreek.

Sy het blykbaar in haar gesprek met die Skotse eerste minister, Nicola Sturgeon, blykbaar daarin geslaag om te keer dat Skotland weer na die stembus gaan oor die moontlikheid om onafhanklikheid te kry.

May het ook daarin geslaag om Sturgeon te oorreed om die “Verenigde Koninkryk se benadering” te aanvaar as ’n gegewe element.

Die twee dames het in Edinburg gesprek gevoer oor verskillende aspekte van die Brexit-situasie, en premier May het na afloop van die ontmoeting gesê sy het ’n uitstekende ontvangs geniet en die heelhartige samewerking van die Skotse eerste minster gekry.

May het in ’n verklaring herbevestig dat sy Skotland as deel van die Verenigde Koninkryk wil behou, en die land se insette nodig het in die onderhandelings met die Europese Unie.

Sy het ook, sonder om direk na Angela Merkel te verwys wat druk geplaas het om die uittrede vinnig te laat plaasvind, ook laat blyk dat sy en die Britse regering die uittrede sal hanteer nadat alle aspekte behoorlik beplan is.

Die Skotse premier het egter gesê sy sal nie in die weg van die Skotse volk staan as hulle ’n opvolg referendum vra om af te skei van Brittanje nie, “want as dit is wat Skotland wil hê, dan is dit wat ek sal toelaat” het sy gesê.