Vier SAUK joernaliste afgedank

Vier van die agt joernaliste, wat die SAUK na die grondwetlike hof toe neem, is deur die uitsaaier afgedank.

Die groep is onlangs geskors omdat hulle gepraat het oor die omstrede redaksionele beleid van die korporasie.

Afdankingsbriewe is aan Foeta Krige, Suna Venter, Jacques Steenkamp en Krivani Pillay gegee.

Die joernaliste is gekant teen die verbod wat die SAUK geplaas het op beeldmateriaal van gewelddadige optogte en het hulle daarteen uitgespreek. Die bedryfshoof van die SAUK, Hlaudi Motsoeneng, het werknemers ook die mond gesnoer oor wat binne die korporasie aan die broei is. Diegene wat met die pers gepraat het se koppe het klaarblyklik nou eerste onder die valbyl gekom.

Die Onafhanklik Kommunikasie-owerheid (Okosa) het intussen bevind dat die SAUK sy verbod op die uitbeelding van gewelddadige optogte moet herroep.

Motsoeneng het sedertdien die SAUK se prokureurs opdrag gegee om Okosa se beslissing teen te staan.

Intussen word beoog ‘n vakbond om die konstitusionele hof te nader oor die joernaliste se lot en in besonder die kwessie oor die toepassing van sensuur deur die SAUK.