Twee mans in hof oor wapens en ammunisie

Twee mans sal na verwagting vandag in die landdroshof op Vereeniging verskyn nadat hulle deur die Valke in hegtenis geneem is vir die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.

Die vuurwapens en meer as  2 000 rondtes ammunisie is na bewering in die 48-jarige man se besit in ‘n huis in Vanderbijlpark gekry.

Volgens die woordvoerder van die Valke, brig. Hangwani Mulaudzi, voer die verdagte aan dat hy die vuurwapens by ‘n huis in Vereeniging gekoop het.

‘n Tweede man (43 jaar) is by La Paradiso, Vanderbijlpark in hegtenis geneem nadat ammunisie, nege gewere en drie pistole in sy besit gekry is.

Let wel: Strydig met wat die nuusmedia berig, is hierdie twee mans voormalige AWB-lede en het ook nie indertyd ‘n leiersposisie gehad nie.