Twee aangekeer na Muldersdrift moord

Twee verdagtes is aangekeer in verband met die moord op Jason le Roux van die Lammermoor-gebied by Muldersdrift.

Le Roux (26 jaar) is in Junie doodgeskiet tydens ‘n huisrooftog waartydens hy en sy vriendin oorval is.

Hy het gaan ondersoek instel toe hy in die vroeë oggendure geluide in die huis gehoor het, waarna hy verskeie kere in die bors geskiet is. Le Roux is op die toneel oorlede.

Sy vriendin is in die onderlyf geskiet, maar kon daarin slaag om te ontsnap en het hulp by bure gaan soek.

Die twee verdagtes (onderskeidelik 34 en 39 jaar oud) is Woensdagmiddag na ‘n intensiewe soektog aangekeer.

Hulle sal binnekort in die Muldersdrift-landdroshof verskyn.

Oor die afgelope jare is ‘n besonder groot aantal moorde op blankes in die Muldersdrift-omgewing gepleeg.