Turkse president maak weermag "skoon"

Na die mislukte staatsgreep deur onder meer senior lede van die Turkse weermag, lyk dit of president Erdogan en sy regering reeds begin het met ’n suiwering van die weermag.

Die Turkse veiligheidsdiens het reeds verskeie van die weermag se hooggeplaastes wat betrokke was by die staatsgreep, in hegtenis geneem.

Generaal Adem Huduti, die kommandant van die rebelle leër, en een van Turkye se mees ervare offisiere, is een van talle wat in hegtenis geneem is.

Die kommandant en sy troepe was belas met die bewaking van die grense met Sirië, Irak en Iran.

Die hooggeplaaste bevelhebber, Erdal Öztürk is in aanhouding weens sy betrokkenheid by die staatsgreep, en word vir hoogverraad aangekla.

Altesaam was sowat 3,000 soldate en offisiere regoor Turkye daarby betrokke om ’n suksesvolle staatsgreep uit te voer,

Die owerheid wil sowat 2,745 regters en regspersone op die nie-aktiewe lys plaas, en Mustata Karadag, die voorsitter van die Vereniging van Regters beskuldig nou die regering daarvan dat hy van die mislukte staatsgreep misbruik maak om kritici binne die struktuur uit te skakel.

Die president word ook daarvan beskuldig dat hy alle teenstanders van die regering wil elimineer.

Die president wat reeds geruime tyd in omstredenheid verval het, het kort na die mislukte staatsgreep gesê die parlement gaan ook oorweging gee aan die moontlikheid om die doodstraf weer in te stel.

Turkye beskik oor sowat 15,000 regters wat in verskillende grade van senioriteit ingedeel is, en daarvan is verskeie deur die regeringsmagte in hegtenis geneem.