Tuinhulp in hof oor moord

‘n Man wat na bewering ‘n bejaarde man van Pellissier in Bloemfontein vermoor het, het vlugtig verskyn in die landdroshof, waar sy saak uitgestel is.

Die saak teen die 23-jarige Khotso Patrick Gigi is tot volgende maand uitgestel wanneer ‘n formele borgaansoek aangehoor sal word.

Gigi is kort na die moord op die 73-jarige Hendrik Knoetze in hegtenis geneem in Fase 5.

Hy was in besit van die oorledene se selfoon gewees.

Gigi was sedert 12-jarige ouderdom aan Knoetze bekend wat bygedra het tot sy skoolgeld en het altyd op sy verjaarsdae koek vir hom gekoop het.

Die verdagte het as tuinhulp vir Knoetze gewerk en het een keer per maand die sypaadjie voor sy huis in Martatjiestraat skoongemaak.

Volgens Gigi se stiefpa het sy oudste seun eers vir Knoetze gewerk, wat hom gehelp het om ‘n beter werk te kry. Gigi het daarna vir Knoetze gaan werk.

Klaarblyklik is Gigi met dwelms deurmekaar en het vroeg uit die skool gegaan.