Trump maak sy adjunk bekend

Die Republikeinse presidentskandidaat in die VSA, Donald Trump, het Vrydag sy adjunk bekend gemaak wat saam met hom die land sal regeer indien hy die stryd teen Clinton so wen.

Die Trump-span wat sy veldtog organiseer, het bekend gemaak dat Mike Pence gekies is om as adjunk-president te dien in die regering.

Mike Pence is ’n bekende Republikein en tans die goewerneur van die Amerikaanse deelstaat Indiana.

Die Trump-span het die afgelope dae die hele Amerika gespanne laat wag om die nuus te verneem wat Vrydag aangekondig is.

Doemprofete het vooraf beweer dat Trump ’n voormalige weermag offisier sou aanwys, en die media in die VSA het fluks bespiegel oor die swak keuse wat Trump sou maak.

Die 57-jarige Mike Pence is ’n gerespekteerde goewerneur wat deur almal beskou word as ’n “ware Christen, konserwatief en ’n lojale Republikein.

Pence is bekend daarvoor dat hy geen migrante uit Sirië in Indiana toelaat nie, wat van hom ’n gewilde goewerneur gemaak het.