Tesla "self ry" toetsmotor in ongeluk

Amerikaanse ondersoekers het begin kyk na die voorval waarby ’n “self-ry” Tesla Model S-motor in ’n fatale ongeluk betrokke was

Die Tesla-motor was op outomatiese bestuur toe dit in ’n botsing betrokke was waarin die bestuurder van die toetsmodel omgekom het.

Dit is volgens ’n woordvoerder van die Tesla-maatskappy die eerste ernstige ongeluk in die 209 miljoen kilometers van toetsing.

Die VSA se verkeersveiligheid het verlede week met ’n ondersoek begin na die funksionering van die motor se hulpstelsel.

Die woordvoerder van Tesla het later gesê die ongeluk wat plaasgevind het, is as gevolg van buitengewone, seldsame en vreemde omstandighede.

Die Tesla-motor het gebots teen die kant van ’n sleepwa wat deur ’n trekker getrek is, en wat nie deur die motor se veiligheidstelsel opgemerk kon word nie, en die bestuurder in die motor kon ook nie die vreemd ontwerpte sleepwa raaksien nie.

Tesla sê die motor word slegs deur die bestuurder se toestemming oorgesit op die outomatiese self-ry sisteem, en die bestuurder kan te enige tyd die beheer oorneem.

Die bestuurder van die motor word gewaarsku om te alle tye sy hande op die stuurwiel te hou, ingeval iets onverhoeds mag plaasvind.

Tesla is soos Google, Ford, General Motors, en Audi, besig om self-ry voertuie te toets.