Terroriste juig oor Nice dodetal

Aanhangers en vegters van die Islamitiese Staat (IS) het op die sosiale media hulle tevredenheid uitgespreek met die 84 onskuldige mense en tientalle beseerdes wat deur ’n vragmotor se bestuurder gedood is.

Die vragmotorbestuurder het nie net tientalle vlugtende mense doodgery deur heen en weer oor die straat te ry om mense te dood nie, maar het ook terselfdertyd met ’n wapen losgebrand op mense.

Volgens die aanlynforum. “SITE” van die Amerikaanse agentskap, besing die terreurbende die barbaarse bloedbad waarin vlugtende mense asook klein kinders doodgery of geskiet is.

Die moordenaar is intussen geïdentifiseer as ’n 31-jarige man met Frans- Tunisiese dokumente wat bekend is aan die Franse polisie weens verskeie oortredings in die verlede, maar wat nie met terrorisme verband hou nie.

Die Islamitiese Staat het twee jaar gelede sy volgelinge aangemoedig om voertuie te gebruik in hulle aanvalle op burgerlikes.

Waarnemers het ook vasgestel dat die IS-terroriste die voorval beskou as weerwraak teen die dood van twee prominente leiers waarvan Omar Shishan een is wat tydens ’n lugaanval gedood is

Die terroriste meld ook op die sosiale netwerk dat Frankryk gesoek het vir moeilikheid deur betrokke te raak in die Siriese en Irakse gevegte, en roem daarop dat die geveg “nou eers begin het” teen die Franse.

Foto – Vlugtende skare voor die aanstormende vragmotor