Swartes word ontnugter in Europa

Die Europese lande sit tans met ’n nuwe dilemma met honderde swartes uit Afrika wat in talle lande aangekom het met die verwagting dat hulle ’n blink nuwe toekoms tegemoetgaan.

Die migrante weet nie wat wag vir hulle in Europa nie, want by hulle aankoms kom ook die besef dat Europa, met sy totaal anderse klimaat, nie die paradys is waarop hulle gehoop het nie.

Die skok wat opgedoen word, het etlike duisende swartes laat besluit om eerder terug te keer na Afrika.

Die mense uit veral die Sub-Sahara gebied stroom na Europa met die verwagting dat hulle werkloosheid, armoede en siektes kan vermy, en voedselsekerheid asook vaste verblyf kan kry.

Gedurende die somermaande gaan dit nog redelik, maar sodra die eerste koue, gepaard met reën en sneeu begin, word die wêreld vir hulle onleefbaar terwyl werkloosheid steeds aan die orde is.

Vir diegene wat die seereis oorleef het, in Europa aangekom het, en eensklaps die ontnugtering beleef dat jy ’n flukse werker moet wees om in die landstreek te bly, maak die grootste aantal liewer ’n U-draai terug na die onherbergsame Afrika.