Swart beweging in VSA dui op rassisme

Die “Black Lives Movement” se bestaan word deur menige in Amerika beskou as ’n organisasie wat rassisties is, en nadat vyf polisie geskiet is, word die vermoede verder versterk dat rassisme in die VSA hoogty vier.

Tydens ’n optog van swart oproeriges is vyf polisiebeamptes gedood en sewe ernstig gewond deur ’n swarte wat gesê het hy wil soveel blankes as moontlik doodskiet.

Polisie beweer dat die man nie net ’n blanke hater was nie, maar waarskynlik ook verbonde is aan ’n terroriste organisasie in die land.

President Barack Obama het in ’n verklaring gesê die skieter is ’n enkele “kranksinnige” en verteenwoordig nie die swartes in die land nie.

Verskeie ontleders in Amerika sê die skieter het vooraf beplan om soveel moontlik van die polisie dood te skiet, en het selfs met sy wapen geoefen om so vinnig moontlik te skiet.

Intussen is een van die “Black Lives Mater” beweging se leiers in Los Angelus in hegtenis geneem omdat hy na bewering die betogende swartes met opruiende slagspreuke aangehits het.

Kenners is dit eens dat die rassisme wat tans in die VSA waargeneem word, veel erger is as wat dit ooit in Suid-Afrika was.

Gedurende die afgelope dae is honderde betogers deur die Amerikaanse polisie in hegtenis geneem, wat die spanning tussen swart en wit verder verhoog het.

Die betogings wat regoor Amerika gehou word, is gemik teen die blanke polisiebeamptes se optrede wat as polisie gewelddadigheid beskou word.