Skeuring in AFD streeksparlement

Lede van die “Alternatief vir Duitsland” in die Baden-Württemberg parlement kon mekaar nie vind nie en het in twee geskeur volgens Jörg Meuthen, die onder-leier van die AFD in Duitsland.

Die verdeeldheid het ontstaan nadat een van die parlementariërs anti-Semitiese opmerkings gemaak het.

Jörg Meuthen het Woensdag aangekondig dat ’n nuwe groep tot stand gekom het onder die naam “Alternatief vir Baden-Württemberg”.

Meuthen het vroeër gesê hy tree uit as parlementslid van die AFD omdat daar nie eenstemmigheid is oor die opmerking wat een van sy aanhangers gemaak het nie, en saam met hom het nog 12 ander van die AFD se 23 lede in die streeksparlement by hom aangesluit.

Dr. Frauke Petry, leier van die AFD staan egter by die ander 10 parlementslede van die party en het gesê hulle verteenwoordig die party in Baden-Württemberg.

Lede van die party het hulle kommer uitgespreek oor die verdeeldheid wat voor die 2017 algemene verkiesing plaasgevind het.

Foto – Dr. Frauke Petry