SAUK – behandel Zuma spesiaal

Spesiale behandeling moet aan president Jacob Zuma gegee word deur SAUK-personeel het die uitsaaier se Hlaudi Motsoeneng beveel.

Hy het luidens hofstukke wat by die grondwetlike hof deur agt joernaliste van die uitsaaier ingedien is, opdrag gegee dat enigiemand bevraagteken kan word, behalwe Zuma.

Die joernaliste vra die betrokke hof om te verklaar dat die SAUK se verbod op die uitsending van geweld ongrondwetlik is.

Motsoeneng het op ‘n slypskool oor die komende verkiesing personeel meegedeel dat Zuma gerespekteer word omdat hy die president van die land is.

Motsoeneng het ook die afgelope week die SAUK se prokureurs opdrag gegee om ‘n beslissing teen te staan van die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid (Okosa) dat die SAUK nie beeldmateriaal van gewelddadige protesoptogte moet sensor nie.

Die SAUK volhard met sy skorsing en dissiplinêre stappe teen hierdie agt joernaliste omdat hulle weerstand bied teen die uitsaaier se verbod.