Saoedi wil wraak neem

Koning Salman van Saoedi-Arabië het glo goedkeuring gegee dat die land se weermag terug sal slaan na die verwoestende aanvalle wat deur Islamitiese Staat (IS) uitgevoer is in die land.

Die koninkryk is gedetermineer om terug te slaan met die ystervuis waaroor hy beskik, het die koning in ’n verklaring bekend gemaak.

Die verklaring volg nadat die land Maandag in rou gedompel is toe die IS-terroriste ’n heiligdom en ander geboue in drie afsonderlike ontploffings geruïneer het.

Streng wetgewing in Saoedi-Arabië het tot gevolg dat misdaad bekamp word, en terroriste aanvallers word summier tereggestel wanneer hulle gevange geneem word.

Die monargie word nou geteister nadat baie IS-vegters die wyk moes neem in Sirië en Irak waar hulle swaar verliese gely het.