Pa en seun sterf in ongeluk

‘n Pa en sy seun het in ‘n ongeluk net buite Touwsrivier gesterf toe hulle op pad was om ‘n begrafnis op Beaufort-Wes by te woon.

Johan Gill (43 jaar) en sy 16-jarige seun, Jacques is op slag dood in die ongeluk op die N1 op pad na Laingsburg toe ‘n deel van ‘n vragmotor se vrag op hulle motor geval het. Die vragmotor van voor af in die teenoorgestelde rigting gekom het.

Sy vrou, Annette en dogter, Karla, het ligte besering opgedoen en herstel by hulle huis in Kuilsrivier.

Gill was tweede in beheer van die Air Mercy Service (AMS) se lugvaartuie.

Die gemeenskap van Kuilsrivier betreur met groot skok en hartseer die pa en seun se afsterwe.

Foto Johan Gill en sy seun, Jacques