OVK in Potch vir kiesers se adresse

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) was oor die naweek in Potchefstroom en Ventersdorp om blykbaar te verseker dat geregistreerde kiesers se adresbesonderhede op datum is.

Altesaam 113 stemstasies was sedert Saterdag in die twee munisipaliteite oop om te poog om die leemtes omtrent adresbesonderhede op die kiesersrol aan te vul.

Geen nuwe kiesers is glo op die kiesersrol geplaas nie.

Die hele oefening volg na ‘n voorslepende hofstryd waarin politieke partye se kandidate in die Potchefstroomse munisipaliteit die OVK opdraende gegee het.

Een van die uitvloeisels hiervan is dat die ontbrekende adresbesonderhede van Potchefstroom se geregistreerde kiesers in die hande gekry moet word.

Die feit dat Potchefstroom eintlik maar net ‘n mikrokosmos is van wat in die res van die land en elke munisipaliteit en metroraad  se kieserslyste aangaan, is klaarblyklik van weinig belang vir ‘n sogenaamde “vry en regverdige” verkiesing.

Foto – Potchefstroom