Oostenryk moet weer verkiesing hou

Die onlangse presidentsverkiesing in Oostenryk is ongeldig verklaar omdat onregmatigheid plaasgevind het met die stemtellery.

Die konserwatiewe kiesers het die onregmatige optrede van die linkses bekend gemaak en het die land se Grondwethof uiteindelik beslis dat die verkiesing ongeldig is en ’n nuwe presidentsverkiesing gehou moet word.

Die Grondwethof het Vrydag sy bevinding bekend gemaak en gesê die kiesers moet weer geleentheid kry om te stem.

Tydens die afgelope verkiesing het die linkse Groenes met sowat 31,000 stemme gewen deur steun te gee aan Alexander Van der Bellen, wat hom voorgedoen het as ’n onafhanklike kandidaat.

Norbert Hofer, van die konserwatiewe FPQ se ondersteuners het die kullery tydens die stemtelproses bekend gemaak, en is die saak uiteindelik deur die Grondwethof beslis as ’n ongeldige verkiesing.

Gerhart Holzinger het in sy uitspraak gesê niemand verloor iets deur weer na die stembus te gaan sodat daar sekerheid kan wees oor wie die wenner is nie.

Die linkses het gejubel toe die uitslag bekend geword het, en selfs die linkse partye in Europa het saam met die Groenes gejubel.

Die gematigde Hofer word egter deur die linkses as ’n verregse ekstremis voorgehou in ’n poging om hom te diskrediteer, en toe dit nie goed genoeg is om hom te laat verloor nie, is onregmatig opgetree met die tel van stemme.

Van der Bellen sou op 8 Julie ingesweer word as president van Oostenryk, en moes met ’n skok verneem dat dit nie meer gaan gebeur nie.

Politieke waarnemers verwag glo dat die konserwatiewe Norbert Hofer hierdie keer die presidentsverkiesing met ’n gemaklike meerderheid sal wen.

Foto – Norbert Hofer