Obama wil polisie "hervorm" na skietry

Die Amerikaanse president, Barack Obama, sê alle Amerikaners behoort ongemaklik te wees met die onlangse gebeure toe polisie ’n swarte geskiet het.

Hy sê die skietery deur Amerikaanse polisiebeamptes in Minnesota en Louisiana was nie geïsoleerde gevalle nie, en verdien verdere ondersoeke.

Obama het die opmerkings in Pole gemaak tydens ’n byeenkoms van Navo-lidlande en sy meegevoel betuig aan die families van die swartes.

Sonder om spesifiek te wees het Obama beweer dat “baie mense” voel die polisie behandel nie almal eenders nie, en “dit maak seer”.

’n Swarte, Alton Sterling is geskiet tydens ’n geveg met twee polisiebeamptes, en die volgende dag is Philando Castile, ’n swarte van Minnesota deur polisie geskiet.

Duisende swartes het in Washington, New York, Los Angeles, en ander stede betoog en geprotesteer oor die skietery.

Vroeër is twee polisiebeamptes doodgeskiet deur swart misdadigers, en ’n paar dae later is nog vyf blanke polisiebeamptes doodgeskiet en sewe gewond deur swart oproeriges in Dallas, Texas.

Obama het die voorval afgemaak as die optrede van ’n enkele persoon wat “kranksinnig” is, maar nie verwys na die rasgedrewe motiewe van swart oproeriges nie.

Hy het verkies om by te voeg dat die Amerikaanse polisiediens hervorm moet word om sulke voorvalle te voorkom, maar nie aangedui wat met “hervorming” bedoel word nie.

Konserwatiewes in Amerika sê die uittredende president is waarskynlik nie so begaan oor die blankes wat geskiet is deur swart oproeriges nie, en behoort die polisie eerder te loof vir die werk wat hulle onder moeilike omstandighede moet verrig.