Nuusflitse – 4 Julie

Minstens 25 mense het omgekom en honderde is dakloos na hewige oorstromings en modderstortings in dele van Indië verwoesting gesaai het.

 

Ses IS-terroriste en 20 van hulle gyselaars is dood in ’n gyselaarsdrama in ’n restaurant in Bangladesh se hoofstad Dhaka toe polisie en die weermag die drama wou beëindig.

 

Hillary Clinton is die naweek deur die FBI ondervra oor die 50,000 e-posse wat sy onregmatig hanteer het sonder om die vereiste veiligheidsmaatreëls te tref.

 

Sowat 4 miljoen Britte het in optogte en petisies geëis vir ’n tweede referendum oor EU-lidmaatskap, wat die Britte se verdeeldheid verder beklemtoon.