Nog politici mik na premierspos

Dit blyk dat Britse parlementslede se stryd rondom die lidmaatskap van die Europese Unie (EU) nog lank nie verby is nie, en waarskynlik net die geveg na ’n ander terrein verskuif het.

Die 43-jarige konserwatiewe Skotse parlementslid, Stephen Crabb, het aangekondig dat hy beskikbaar is as kandidaat om David Cameron op te volg as eerste minister van Brittanje.

Hy het die aankondiging gemaak in ’n skrywe wat gerig is aan die Britse Konserwatiewe Party wat gedurende die volgende twee maande ’n nuwe premier moet kies.

Intussen het die Britse minister van gesondheid, Jeremy Hunt, ook laat weet dat hy in die wedloop is om die premier amp te beklee.

Tot dusver is Boris Johnson beskou as die sterkste kandidaat, veral weens sy kragdadige veldtog om die Brexit-standpunt te dra en Brittanje daarmee uit die EU laat tree het, maar het Donderdag aangekondig dat hy nie beskikbaar is vir die amp nie.

Minister Michael Gove het egter ook aangekondig dat hy beskikbaar is en sal waarskynlik die steun van die “Brexit” parlementariërs geniet.  

Politieke ontleders sê die toetrede tot die stryd deur die Skotse parlementslid, Stephen Grabb, is ’n teken dat hy as premier die Britte wil teruglei na die Europese Unie.

Skotland het oorweldigend gestem ten gunste van voortgesette lidmaatskap, en is tans in onderhandeling met die EU oor moontlike Skotse lidmaatskap.

Die minister van binnelandse sake. Theresa May, het nou toegetree tot die stryd en haar beskikbaar gestel as kandidaat vir die amp as premier.

May is bekend daarvoor dat sy hard gewerk het om binne die EU te bly, en is ’n bekwame en lojale lid van die Konserwatiewe Party.

Sy het glo te kenne gegee dat sy ook beskikbaar is om as voorsitter van die Party te dien, met die hoop om daarvandaan die stryd om premier te word te voer.

In ’n onderhoud met ’n Britse dagblad sê May sy sal graag die geleentheid wil gebruik om Brittanje se verskeurdheid te heel, en ook verseker dat die land tot voordeel is van sy burgers.

May was glo die een persoon wat die sterkste teen Boris Johnson se Brexit gekant was, en het vierkantig agter Cameron gestaan.

Sy word beskou as een van die sterkste kandidate wat klaarblyklik die Britte sal wil teruglei na die Europese Unie.

’n Ander kandidaat minister van finansies, Liam Fox is die vyfde een wat aspirasies het om Cameron op te volg.