Nog ‘n terreuraanval in Duitsland

’n Derde voorval van terreur waarin mense gedood word, het binne sewe dae die Duitse volk getref toe ’n 27-jarige Siriese asielsoeker met ’n selfgemaakte bom homself gedood en ‘n klomp mense beseer het.

‘n Video is gekry waarop die man, Mohammed Daleel, sy lojaliteit betuig teenoor die Islamitiese Staat (IS) se leier.

Minstens 15 mense is beseer, waarvan vier se beserings ernstig is.

Die voorval het Sondag in die andersins rustige Ansbach plaasgevind waar sowat 40,000 mense woon.

Soos telkens die geval is met terreuraanvalle, het die Siriese terroris ook gewag tot mense saamgedrom het by ’n musiekfees, en wou toe tussen hulle in beweeg, maar hy is weggewys waarna die ontploffing plaasgevind het.

Sy asielaansoek is ’n jaar gelede reeds afgekeur, maar die owerheid beweer die man toon afwykings en wou by verskeie geleenthede selfmoord pleeg.

Die dorp is ook ingerig as ’n tuiste vir ’n Amerikaanse weermagbasis

Foto – ‘n Bekende baken in Ansbach