Navorsers ontwikkel entstof teen Zika

Navorsers beweer dat hulle nou ’n entstof ontwikkel het teen die Zika-virus wat reeds duisende swanger vroue se babas besmet het in Brasilië.

Alhoewel die toetse nog maande sal duur alvorens dit op mense gebruik kan word, is positiewe resultate gevind in toetse wat op muise uitgevoer is.

Die navorsers erken egter dat die proses om die entstof te registreer nog ’n jaar of meer kan duur, maar die eerste toetse wat gedoen is, lyk belowend.

Toetse op ape en konyne is eweneens gunstig, en ’n Amerikaanse maatskappy het reeds begin om op kleinskaal proewe op mense te doen.

Verskeie navorsingspanne is regoor die wêreld op soek na moontlike entstof teen die gevreesde virus wat uit Afrika afkomstig is.

Honderde sportmanne en vroue het besluit om uit Brasilië weg te bly en sal nie deelneem aan die Olimpiese Spele nie.

Sportkenners sê vanjaar sal bekend staan as een Olimpiese Spele geleenthede wat die swakste deur sportlui verteenwoordig word, en gevolglik sal talle van die wêreld se beste sportlui nie deelneem nie.