‘n Heerlike droomneut nagereg

Wat eet ons vir nagereg? Wie hou nie van ‘n heerlike warm sjokolade, neuterige nagereg in die winter nie? Hier volg ‘n ryk nagereg vir die soettande en dis so vinnig om te maak.

 

Die resep is vir 4 – 8 persone.

 

Bestanddele:

4 croissante, oopgesny in die lengte

4 eetl sjokoladesmeer soos Nutella

3 groot eiers

300 ml volroom melk

100 ml vars room

4 eetl strooisuiker

Versiersuiker en glanskersies vir garnering

 

Metode:

Stel oond op 180ºC.

Smeer die oopgesnyde croissante met die sjokoladesmeer en pak in ‘n gesmeerde oondvaste bak.

Klits die eiers, melk, room en strooisuiker saam.

Giet die mengsel oor die croissante en laat staan vir 10 minute totdat die vloeistof geabsorbeer is.

Bak vir 30 – 35 minute tot goudbruin en die eiermengsel gestol is.

Sodra dit uit die oond kom, sit glanskersies rond en bont op die nagereg en strooi versiersuiker oor.

Bedien met roomys of ‘n dun tuisgemaakte vla.

 

Geniet hierdie droom van ‘n nagereg