Moordsaak teen man teruggetrek

‘n Aanklag van moord is teen ‘n huiseienaar van Erasmia, Pretoria laat vaar na hy aanvanklik in hegtenis geneem is op aanklag van moord nadat die polisie ‘n man in ‘n plas bloed by sy huis gekry het.

Die paramedikus, Ryno Albrecht (30 jaar) het na sy hofverskyning in die landdroshof in Atteridgeville gesê dit was selfverdediging.

‘n Flits en ‘n mes is langs die man se lyk gekry.

Twee verdagtes het by die Albrechts se huis probeer inbreek.

Die tweede verdagte is nog nie in hegtenis geneem nie.

Hy is by die Atteridgeville-polisiekantoor aangehou tot die saak op dieselfde dag nog teen hom teruggetrek is.