Min steun vir ANC in PE, Pta en Jhb

In die sesde meningspeiling van Ipsos oor politieke partye se steun in groot metro’s waaronder Pretoria, Port Elizabeth en Johannesburg tel, lyk dit asof die ANC nie sal kan staatmaak op ‘n meerheid stemme in die gebiede nie.

Die pas afgelope opname toon dat die ANC op 25% in Pretoria staan (DA 39% en EFF 13%).

In Johannesburg, wat Suid-Afrika se grootste stad is, kry die ANC 31% steun (DA 35% en die EFF 13%).

In Port Elizabeth het die ANC se steun na 27% opgeskuif (DA 42% en die EFF 8%).

In soverre staat gemaak kan word op hierdie tipe meningspeilings is seker debatteerbaar, maar dit wil tog voorkom asof die ANC se steunbasis gedaal het. Dit kon selfs sodanig weggekalwe het dat koalisies tussen partye gevorm sal moet word om die groot metrorade te bestuur.