Miljoene swartes ly honger

Die Verenigde Nasies se afdeling vir Voedsel en Landbou het in sy jongste verslag gemeld dat minstens 28 van die 37 lande waar voedselhulp benodig word, in Afrika geleë is.

Die voedseltekorte is so erg dat 13 miljoen mense in Suider-Afrika honger ly, wat hoofsaaklik deur onluste en konflik veroorsaak is.

Die verslag dui aan dat die voedseltekorte weens droogtetoestande wat met die El Niño-weerpatroon verband hou, vir swak oeste verantwoordelik is, en moet hulp van buite Afrika gebied word om te verhoed dat derduisende omkom van die honger.

Alhoewel talle lande in Suider-Afrika tot rampgebied verklaar is, het Suid-Afrika se ANC-regime nie die droogte gebiede tot rampgebied verklaar nie, en bied ook weinig hulp aan landbouers wat steeds poog om produkte van goeie gehalte te lewer.

Zimbabwe, Malawi, Swaziland en Lesotho se regerings het almal rampgebied status, en is die beraming gemaak dat die streek meer as 13 miljoen mense het wat nie kos het nie, en elke dag honger ly.

In Zimbabwe kry bykans 3 miljoen mense voedselhulp, en in Malawi word meer as 3 miljoen mense gehelp.

Madagaskar het 2 miljoen wat hulp kry, Mosambiek 2 miljoen, en met Swaziland waar 350,000 honger mense gehelp word, voorspel weerprofete dat die weerpatroon aan die verander is.