Max en Trevor kry eredoktorsgrade by UV

Die politieke joernalis, Max du Preez en die voormalige minister van finansies, Trevor Manuel is deur die Universiteit van die Vrystaat (UV) met eredoktorsgrade vereer.

Du Preez het gesê hy is diep geroer deur die seremonie en die sigbare transformasie wat hy op die kampus ervaar het. Volgens hom is dit die Suid-Afrika waarvan hy gedroom het.

Manuel het op sy beurt Suid-Afrika opgehemel met opmerkings dat dit ‘n besonderse land met besonderse mense is. Ons moet ophou daarmee om ons land af te kraak en dit is ‘n land met groot potensiaal, het hy gesê.

Dit was die voorlaaste gradeplegtigheid van Jonathan Jansen as rektor by die universiteit aangesien hy binnekort oorsee vertrek om ‘n akademiese pos aan ‘n Amerikaanse universiteit te beklee.

Foto – Max du Preez en Trevor Manuel