Marikana – Kaptein gaan heen met meeste geld

‘n Verslag van ‘n forensiese oudit toon die grootste deel van die geld wat die mynmaatskappy, Lonmin, aan die gemeenskap by sy Marikana-myn betaal het, benut is om ‘n paleisagtige woning vir die stamhoof van die Bapo Ba Mogale gemeenskap, Bob Edwart Mogale, te bou.

Die verslag is van navorsers bekom kort voordat die openbare beskermer (OB), Thuli Madonsela, haar ondersoek van vyf jaar oor die geld bekend gemaak het.

Sy kom egter tot enkele dae gelede nie sover kom om haar bevindinge aan die gemeenskap oor te dra nie omdat geen gesaghebbende persoon van die tradisionele raad in die hande gekry kon word om die kaptein van haar besoek te verwittig nie.

Terwyl die gemeenskap vir haar besoek gereedmaak, het nagenoeg 150 ondersteuners van die kaptein, waaronder verskeie lede van die Bapo tradisionele raad ‘n radiostasie, Madibeng FM, verlede Donderdag beleër. Hulle het die eienaars van die stasie op Brits probeer dwing om toe te stem om op te hou verslaggewing doen oor die gemeenskap se geldsake.

Die stasiebestuurder, Nick Motloung, het aangedui dat hy ‘n reeks debatte laat uitsaai het oor die bestuur van die gemeenskap en sy fondse. Volgens hom het hy doodsdreigemente ontvang tydens lewendige uitsendings.

Drie busvragte Mogale ondersteuners het die daaropvolgende dag weer by die radiostasie opgedaag om daarop aan te dring dat Motloung ‘n onderneming teken om niks oor die Bapo se geldsake en die bestuur daarvan sal uitsaai sonder die goedkeuring van die tradisionele raad nie.

Lede van die gemeenskap het in Januarie 2012 by die OB gekla dat die sogenaamde D-rekening waarin al die gemeenskap se opbrengste betaal moet word, geplunder word.

Net ‘n jaar daarna het die OB ‘n forensiese oudit gelas.

Die forensiese verslag toon onder meer dat multimiljoene rande bewillig is vir projekte wat nooit aangepak of na ‘n paar jaar steeds nie voltooi is nie. Een daarvan is die paleisagtige woning vir die kaptein ten bedrae van R80 miljoen. Die geld is in Maart 2013 uitbetaal, maar die bouwerk is steeds nie voltooi nie.