Kroatiese koalisie stort in duie

Die regse koalisie regering van Kroasië het na agt maande in die kussings, uitmekaar gespat weens ideologiese verskille en beweerde korrupsie deur die adjunk eerste minister van die land.

Tomislav Karamarko, die adjunk premier staan glo midde in ’n reuse korrupsie skandaal, wat die gewilde eerste minister genoodsaak het om ’n blitsverkiesing uit te skryf.

President Kolinda Grabar-Kitarovic het ’n demokratiese weg gevolg en onmiddellik aangekondig dat sy ’n verkiesing uitskryf wat sal plaasvind op 11 September vanjaar.

Die eerste minister het van meet af konflik beleef met die koalisie vennoot in haar kabinet sedert sy verlede jaar in November die bewind oorgeneem het.

Die koalisie regering het in duie gestort tydens ’n parlementsitting toe ’n mosie van wantroue ingestel is teen die regering, en dit met ’n meerderheid stemme aanvaar is.

Kroasië spartel om sy ekonomiese resessie, wat byna ses jaar geduur het, te bowe te kom, en die koalisie regering wou begin met ’n skerp program van vermindering van invoergoedere om die betalingsbalans te herstel.

Planne om die gesondheidsdienste, die pensioenstelsel, en staatsdepartemente te hervorm, word nou op die langebaan geskuif weens die skandaal en verdeeldheid in die koalisie regering.

Die eerste meningspeiling toon dat die Sosialiste die verkiesing met ’n volstrekte meerderheid kan wen.

Foto – Pres. Kolinda Grabar-Kitarovic