Koning se belediger kry tronkstraf

’n Onbekende man van Kampen in Nederland het 30 dae tronkstraf gekry nadat hy onwaarhede en beledigend was teenoor koning, Willem-Alexander.

Die man het op sy Facebook-blad die Nederlandse staatshoof as ’n moordenaar, verkragter en dief uitgeskel.

“Hy is ’n moordenaar, en ek is nie een. Hy is ’n verkragter, en ek is nie een. Hy is ’n dief, en ek is nie een, en hy is ’n onderdaan, en ek nie,” het die man op die sosiale netwerk geskryf.

Die koning sou reis na ’n gebied in Nederland, en met die veiligheidsondersoek het beamptes die inskrywing ontdek waar die man ook beweerde foto’s geplaas het en beweer het dit is gekoppel aan die koning.

Die regter het beveel dat die media nie die man se identiteit mag bekendmaak nie uit vrees dat hy later deur die burgery aangerand kan word.

Die regter het die man ook gestraf met ’n verdere tyd in die tronk indien hy in die volgende twee jaar ’n soortgelyke oortreding sou begaan.

’n Nederlander het glo later gesê die man is ‘n volksvreemde.

Foto – Koning Willem-Alexander