Kommer oor SAUK is gekaap

Die minister van kommunikasie, Faith Mughambi en die SAUK-raad moet die SAUK-baas, Hlaudi Motsoeneng, ondersoek.

Só het die ANC sy storie verander by monde van die party se woordvoerder, Zizi Kodwa.

Sensuur het geen plek in ‘n ‘grondwetlike demokrasie’ en die beweringe moet deur die SAUK aangespreek word op so ‘n wyse dat dit vryheid van spraak handhaaf.

Hierdie oproep het skielik vanuit die ANC-geledere opgegaan en dui of die tipiese kommunistiese taktiek van ‘n hele paar tree vorentoe, en een agteruit indien teenstand ondervind word.

Kodwa, het sodoende klaarblyklik die ANC se uiters skerp veroordeling laat vaar oor joernaliste en hulle ondersteuners se weerstand teen Motsoeneng, se sensuur-dekrete by die uitsaaier.

Die nuwe toeskietlikheid van die ANC se kant is genoodsaak deur openbare druk plaaslik asook internasionale steun van die wêreld vereniging vir koerante en nuuspublikasies (WAN-IFRA) en die wêreld redakteursforum (WEG).

Kodwa het selfs te kenne gegee dat indien Motsoeneng die probleem is, dan moet die hele uitsaaier nie as ‘n probleem beskou word nie.

Volgens hom moet die SAUK-bestuur die bekommernis oor sensuur ondersoek en dienooreenkomstig handel.

Kodwa het vervolgens opgemerk dat die ANC meen geldige kommer oor die SAUK se redaksionele beleid en sensuur is blykbaar “gekaap deur regsgesindes soos Solidariteit en Zwelinzima Vavi.”
“Sommige mense sal enige kans neem om ‘n aanval teen die SAUK te loods,” aldus Kodwa.

Foto – Zizi Kodwa (links) saam met ANC-grootbaas, Gwede Mantashe