Kom hou dinee saam met Boere-Afrikanervolksraad

’n Dinee word op 30 Julie 2016 ten bate van die Boere-Afrikanervolksraad deur die RVB en Verkenners se Paardekraal tak en pos aangebied.

Hierdie is die ideale geleentheid vir alle VVK geregistreerde kiesers en belangstellendes om saam met die Volksraadslede te vergader en u vrae te vra.

Daar sal ook ’n veiling gehou word. Enige volkseie items wat u wil skenk vir hierdie doel, sal waardeer word.

’n Regte Boere-orkes gaan ook vir vermaak sorg, en bring dus dansskoene saam.

Alle fondse wat tydens hierdie geleentheid geïn word, sal geskenk word vir die werksaamhede van die Boere-Afrikanervolksraad.

Die dinee word buite Randfontein, te Hoewe 58, Randridge (GPS -26.144724, 27.625381) gehou en begin 17:30 vir 18:00. Die drag is semi-formeel.

Die koste beloop R250 per paar of R125 per persoon. Kinders onder 13 betaal slegs R75.